Lier | ||||
Latynse naam | Lyra | |||
Genitief | Lyrae | |||
Afkorting | Lyr | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 19h | |||
Deklinasie | 40º | |||
Grootte | 286 vk. grade (52ste) | |||
Kwadrant | NQ4 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 5 | |||
Helderste ster | Vega (α Lyr) | |||
Naaste ster | 2MASS J18353790+3259545 | |||
Sterre helderder as 3 m | 1 | |||
Sterre met planete | 29 | |||
Messier-voorwerpe | 2 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 25 | |||
Meteoorreëns | Lyrids, June Lyrids, Alpha Lyrids | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Draak, Hercules, Vos, Swaan | ||||
|
Die Lier of Harp (Latyn: Lyra) is ’n klein sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.
Die sterrebeeld is in die Suidelike Halfrond in die winter sigbaar, laag in die noordelike naghemel.